Varsity Lodge
Oor Varsity Lodge
Tuis  
Oor Varsity Lodge  
Prente  
Skets van kompleks
Kaart tot by kompleks
Kompleks: bo-aansig
Kompleks: voor-aansig
Eenheid: A1 en B2
Eenheid: C2 en D1
Vloerplan: Blok A
Vloerplan: Blok B
 
Kontak Ons  
English  
 
Varsity Lodge is 'n unieke belegging om die probleem van verblyf vir studente by die PUK te verlig. As gevolg van streng maatreëls met die toekenning van koshuisverblyf veroorsaak dit tans dat studente nie sekerheid het van verblyf vir vlogende jaar nie.

Die PUK se studente aansoeke het drasties toegeneem vir die jaar 2002 teenoor 2001 en daar word verwag dat die getal aansoeke vir 2003 verder gaan verhoog. Daar is tans 'n groot tekort aan behuising vir huidige studente sonder die inagneming van nuwe aansoeke.

Die doel van die ontwikkeling is om 'n atmosfeer te skep waarin studente hulle op akademiese en sosiale terreine kan uitleef. (Varsity Lodge is binne loopafstand vanaf die Universiteit en die "Bult" die bymekaar kom plek van die studente).

Varsity Lodge het 161 eenhede wat bestaan uit een en twee slaapkamer woonstelle, asook onderdak parkering vir elke student. Daar is 4 blokke met 'n binnehof en tuin sodat elke student veilig kan ontspan. Die hoof-ingang na elke blok word ook beheer deur sekuriteitsbeheer. Verder is daar hoë sekuriteitsmure met 'n interkomsisteem, aparte wassery, swembad en lapa.

Die eerste fase van 48 eenhede se bouwerk begin in Julie 2002 en sal gereed wees vir okkupasie op 1 Februarie 2003.

Die eenhede is ruim en gerieflik en word toegerus met 'n elektriese betaalmeter asook 'n rekenaarwerkpunt vir toegang tot die internet. Beleggers word die geleentheid gebied om op twee maniere verblyf vir hulle kinders te bekom.
  • Varsity Lodge word op deeltitel verkoop vanaf R 149,000 BTW en oordrag ingesluit vir 'n eenslaapkamer eenheid met sy motorafdak.

  • Alternatiewelik kan die belegger op 'n termynbasis verblyfreg koop. Hierdie eenhede word gemeubileer op aanvraag en teen 'n vasgestelde bedrag vanaf R 53,650 verkoop vir 4 jaar of op ander termyne om by die student se behoeftes aan te pas. Die verblyfreg beskerm die belegger teen toekomstige prysstygings, maar bied ook die geleentheid om dit te verkoop of te verhuur gedurende daardie termyn soos die gesin se behoeftes verander.
Die belegger betaal slegs R 198-00 heffing p/m aangesien die verhuringsmaatskappy die instandhouding sal hanteer. Die verhuurde eenhede sal gemeubileer word teen 'n ekstra koste.

Die ontwikkelaar beplan om hierdie projek 'n uitstaande kompleks in Potchefstroom te maak. 'n Eenheid kan nou vir u gereserveer word deur slegs die teken van 'n koopaanbod en die betaling van R 5,000-00 gewaarborgde deposito. Koop of huur nou en voorkom enige teleurstellings in die toekoms.
 
Copyright: Forum SA Trading 52 (Pty) Ltd
© 2002